Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit " Die burg van hertog Bloubaard " deur HENNING PIETERSE
Uit " Die burg van hertog Bloubaard " deur HENNING PIETERSE [boodskap #63946] Wo, 19 Junie 2002 03:45
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Uit " Die burg van hertog Bloubaard"
Henning Pieterse

Welkom in my kasteel. Jy lyk verbaas;
die mure brei uit, trek hulself weer in.
Jy raak aan klip, tas aan die begin
en einde van tyd wat déúr my vensters blaas.
Wat bly oor? Jy kyk terug.
Slegs die eggo van 'n eggo van 'n sug.

Trek die gordyne van jou oë oop
en sien my landgoed se grense in die lug.
Water ruis onder en deur my valbrug
na seë wat alle vastelande sloop.
Wat bly oor? Ek kyk terug.
Slegs die eggo van die eggo van 'n sug.

Jy voel vreemd; kom nader, kyk rond.
Uit jou drome ken jy reeds dié prent,
en waarop my kasteel se fondament
ook al gebou is, dit bly steeds grond.
Wat bly oor? Ek kyk terug.
Slegs die eggo van die eggo van 'n sug.
Vorige onderwerp: " Seekoevlei " deur NP van Wyk Louw
Volgende onderwerp: " Gebed om 'n basterkaptein " deur RONNIE BELCHER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 13:07:23 MGT 2024